Een gedicht van Jan Celliers 1865-1940
Die bergstroom.
Strome, wat is jul boodskap aan mij als jul wild en vrij, in huppeldans o'er bank en krans So spring en klots van rots op rots so glim en glans en glij, so plooi en plas als glippend glas, die gras bespat met per'lend nat, so blinkend, blank en blij, - strome, wat is jul boodskap aan mij?
So's 'n wal van kristal buig jij o'er om te val in die kokende diepte onder, waar jij breek en bruis en verstuif tot gruis, dat 't dawer en dreun en donder!
O, dan mag ik grag in die wilde jag van die stuiwende stowwe staan, bespring en bespat deur die sissende nat wat mij wange so's gesels slaan. Onlesbaar die dors van mij hijgende bors, en ik swelg, met lippe wijd, die wind wat jij bring so's jij woel en spring, in die diep van die klowe geleid.
O, dan voel ik mij lede vol lewend staal om in woelende worst'ling te win en behaal, en dwing'lands mag, met houw en slag, naar werke sij loon te betaal. En die vrijheidslug waai mij deur en deur om mij spiere te hard en mij kragte te beur, die reg te wreek tot onreg breek en strewend te straf en strij! ......Strome, is dit jul boodskap aan mij?
|