De Goede Hoop
Afrikaners wat ‘n republiek, of ‘n volkstaat, of ‘n gebied vir vryheid-soekende volksgenote in die Noord-Kaap (of die westelike deel van Suid-Afrika) nastreef, het nou oorgegaan tot die stigting van organisasies om die daarstelling van ‘n vrye gebied te bespoedig.
Sedert 1990, toe die blanke politiek in Suid-Afrika drastiese veranderinge begin ondergaan het, en die laaste blanke president – mnr F W de Klerk – planne gemaak het om die land aan ‘n Marxistiese swart meerderheid te oorhandig, sonder om sekuriteit vir sy eie mense (die Afrikanervolk) te verseker, is ‘n onbekende getal blankes reeds vermoor. Sekere deskundiges bereken die getal op 40.000, maar ander sê dit is nader aan 70.000. Wat die presiese getal is, is seker nie so belangrik nie, maar die feit is dat daar in die laaste klompie jare feitlik daagliks moorde op blankes gepleeg word.
Behalwe dat die swart ANC regering NIKS (of byna niks) aan die saak wil doen nie, is daar ook vele Afrikaner-organisasies wat agteroor sit en wag dat IEMAND ANDERS iets moet doen.
Die meerderheid Afrikaners is blykbaar “tevrede” met toestande in die Nuwe Suid-Afrika, want weinig word gedoen. Sowat 1-miljoen uit 4-miljoen Afrikaners wat in 1980 in Suid-Afrika gewoon het, het na oorsese lande verhuis. Sommiges omdat hulle meer geld oorsee kan verdien; ander omdat hulle nie werk in Suid-Afrika kon kry nie; nog ander omdat hulle slagoffers van geweldmisdaad in Suid-Afrika was; en nog vele ander redes.
Daar is ook Afrikaners wat weens die ANC se diskriminerende maatreëls daagliks verarm. Sowat 1-miljoen Afrikaners word as totaal verarm uitgewys. Dié bevindinge is gemaak nadat opnames deur verskeie kerkgroepe onder arm blankes onderneem is. Meer as 600.000 werklose Afrikaners woon in plakkerskampe (krotbuurtes, of “sloppenwijken”). Dit was asof die benarde posisie in Suid-Afrika die leiersfigure totaal verlam het. Niemand kon of wou iets doen om die probleme op te los nie. Die regses, wat ‘n volkstaat vir vryheidsoekende Afrikaners nastreef, het ook onder mekaar verdeeld geraak, en het begin stry oor: “Wat is ‘n Afrikaner, en wat is ‘n Boer?”, asook:“Waar moet die volkstaat wees?” Die Transvalers wil ‘n volkstaat in die noorde van Suid-Afrika, en die Kapenaars wil ‘n volkstaat in die suide (of in die suidweste) van die land.
- Ek was uiters bekommerd en teleurgesteld in my mense se besluiteloosheid en tweedrag. Ek het toe op alle regse forums begin skryf en gepleit dat ons tog asseblief nou ‘n besluit moet neem en begin beweeg. Ons kan nie vir ewig sit en stry oor onbenullighede, terwyl volksgenote vermoor, verkrag en beroof word nie. Ek het besef dat die Transvalers nooit na die Kaap sou verhuis nie, en daar is vele Kapenaars wat ook nooit in Transvaal sal wil gaan woon nie. Toe stel ek voor dat ons 2 (TWEE) gebiede moet aanwys, sodat elkeen kan gaan waarheen hy of sy wil.
- Die land se hoofstad – PRETORIA – waar die grootste saamtrek van Afrikaners is, asook die plaas KLEINFONTEIN (sowat 35km oos van Pretoria), word nou amptelik deur die regses in Transvaal as hul volkstaat se twee eerste groeipunte beskou. Daarteenoor is ORANIA in die Noord-Kaap die Kaaplanders (in die suidweste van die land) se eerste groeipunt. Die hele Noord-Kaap Provinsie word voorlopig as “Afrikanergebied” beskou, met die Oranjeriviergebied, die Olifantsriviergebied, die Sentraal-Karoo, en die hele Weskusgebied, as groeistreke. Net die tyd sal leer waar die uiteindelike grense getrek sal kan word.
- Gelukkig was daar ‘n klein groepie Afrikaners wat besluit het – GENOEG IS GENOEG! Hulle wou nie langer wag nie, want elke dag gaan die land verder agteruit, en elke dag word daar volksgenote vermoor. Die DE GOEDE HOOP TRUST is toe deur mnr Dick Davel van Hopetown gestig, en 6 Trustees is gister (8 September 2012) in Bloemfontein geregistreer. Die dorpie HOPETOWN lê sowat 40km noordwes van ORANIA, wat Suid-Afrika se eerste dorp is waar die 1 200 inwoners almal blankes is. Hopetown en STRYDENBURG (55km suidwes van Hopetown) word deur mnr Davel en sy ondersteuners as groeipunte ontwikkel. Die gebied sal stap-vir-stap, dorp-vir-dorp, en distrik-vir-distrik, ontwikkel word – van Hopetown in die ooste, tot by Strandfontein aan die Weskus. Die hoof-oogmerk van die volkstaat en die Trust is om SELFWERKSAAM te wees. Mense wat van vreemdelinge-arbeid gebruik maak, sal nie deur die Trust gehelp word nie. Daar sal ook gewerk word aan ‘n strategie om werklose swartes (lede van vreemde kulture) van werk in ander provinsies te voorsien.
- Die doel van die Trust is ondermeer om daklose en werklose Afrikaners van elders in Suid-Afrika daarheen te lok, en om vir hulle op Hopetown en Strydenburg werk te skep en huise te bou. ‘n Ambagskool, waar ondergekwalifiseerde arm Afrikaners ambagte kan aanleer, is ook hoog op die Bestuur se agenda. Afrikaners – en alle vriende oorsee – word versoek om die Trust te ondersteun deur daarin te belê.
Hopetown is 840km noordoos van Kaapstad; 120km suidwes van Kimberley; 270km suidwes van Bloemfontein; en 650km suid van Pretoria.
Peter Murray
Vir diegene wat vir Orania en vir Hopetown op die kaart van Google Earth wil opsoek, het ek die ko-ordinate hier bygevoeg.
Orania se posisie op die wêreldkaart is: 24 grade 24”44.22” Oos en 29 grade 48’51.50” Suid.
Hopetown se posisie op die kaart is: 24 grade 05”00.00” Oos en 29 grade 37’29.30” Suid.






















