Jacob Zuma is vandag (Saterdag, 9 Mei 2009) om 11:20 (Suid-Afrikaanse tyd) amptelik as Suid-Afrika se 4de "demokratiese" (swart) president ingehuldig.
Vele staatshoofde van die wêreld was teenwoordig. Moamar Ghadafi het die ereposisie onder die besoekers ingeneem. Hy het reg in die middel, in die voorste ry, gesit. Die seremoniemeester (vrou) het hom spesiaal vir sy teenwoordigheid bedank, en hom as die groot held, die leier van die Afrika-revolusie, bestempel. Naby Ghadafi het Robert Mugabe gesit. Die skare swartes het hom 'n oorverdowende applaus gegee. (Gister is Kallie Kriel van die blanke vakbond Solidariteit in hegtenis geneem, omdat hy 'n plakkaat opgerig het met die woorde "Mugabe, go home", maar wanneer swartes beledigend teenoor blankes is, is dit toelaatbaar).
.
Net voordat Zuma ingehuldig is, het verskeie godsdiensleiers kort gebede vir Zuma opgesê. Die Moslemleier van Suid-Afrika, wat 3de gebid het, het om presies 11:11 aan die woord gekom (ironies dat dit saamval met die aanval op die World Trade Centre in New York, op 11 September). Hy het in Engels en in Arabies gebid. Wat presies hy gebid het, weet ek dus nie, omdat ek geen Arabies begryp nie.
.
Van vandag af leef ons hier in Suid-Afrika in 'n nuwe era. Ons, wat Boere/Afrikaners is, leef in die duister. Ons weet nie wat vir ons voorlê nie. Ons hoop net dat Zuma 'n beter leier as Mbeki sal wees, en dat hy dit sal regkry om vir Mugabe te onttroon.
Ons, die Boerevolk, wil graag ons solidariteit met ons stamgenote in Vlaandere betoon, en hoop en vertrou dat jul verkiesing tot jul voordeel sal strek.
.
*Terloops, Wes-Vlaandere is 'n belangrike gebied vir die Boerevolk (Afrikaners) in Suid-Afrika, aangesien 'n groot persentasie van die oorspronklike "Nederlandse" immigrante in Suid-Afrika juis van Wes-Vlaandere afkomstig was. Wes-Vlaandere, asook die naburige dorpe en stede in ander provinsies van die ou Vlaandere, was die tuisdorpe van menige Suid-Afrikaner. Clermont, Fleurbaix, Armentieres, Rijsel, Nasaret en Gent, was van die plekke waarvandaan die eerste immigrante gekom het. (Ek is byvoorbeeld 'n afstammeling van Pierre le Fébre van Artois, wat in 1683, saam met sy vrou, Maria de Gravé van Fleurbaix, na Suid-Afrika verhuis het. Pierre het op die plaas Fleurbaai, naby Stellenbosch gaan woon, waar hy 'n suksesvolle wynboer geword het). Ander name soos Kortrijk, Vlissingen, Middelburg, Antwerpen, Wavre, Brugge en Gent, kom ook dikwels voor in Suid-Afrikaanse geskiedenisboeke. Sedert 1652 was daar 'n konstante stroom van "Suid-Nederlanders" wat na Suid-Afrika verhuis het, en wat die geledere van die Boerevolk aangevul het. Die absolute minimum van hierdie Europese immigrante het "ver-Engels", of het hulle by die Engelse kultuur aangesluit. Hulle het feitlik almal deel van die Boerevolk geword.
Nadat Suid-Afrika in 1902 deur Brittanje verower is, en ons land in 1910 die Unie van Suid-Afrika geword het, is die naam "Boer" deur sekere politici na "Afrikaner" verander. Daar is dus geen biologiese verskil tussen Boer en Afrikaner nie, maar wel 'n politieke verskil. Sommige liberaliste wil dat die gekleurde, of bruin, Afrikaanssprekende mense van ons land, ook "Afrikaners" genoem moet word. Die Afrikaners en die bruinmense is beslis twee verskillende bevoklkingsgroepe, maar daar is wel ooreenkomste in kultuur, en selfs biologiese verwantskappe. Die liberaliste het nou 'n nuwe woord (of naam?) uitgedink......Afrikaanses! Almal wat Afrikaans praat, is glo Afrikaanses. Maar, hulle is nie almal Afrikaners nie, en nog minder is hulle Boere.
.
Hier vanuit die suidpunt van Afrika, wens ons u daar in ons stamland (Vlaandere) ALLES VAN DIE BESTE toe. Ons hoop u vaar goed in die komende verkiesing, en dat u na dese, 'n tree nader aan onafhanklikheid sal wees.
.
Boere-groete - Peter
1 reactie op dit bericht
RE: Brussel