Vrijlating van Nelson Mandela - 20 jaar later

(met dank aan Karin)
Sommer op die voormiddag van die dag waarop die vrylating van Nelson Mandela twintig jaar gelede in herinnering geroep word, basuin die nuus dit uit: ‘n bejaarde egpaar is vermoor in hulle huis in Mayville gevind.
Enkele dae gelede dien die Staat dokumentasie in om ‘n aansoek dat die nasionale taalwet in werking gestel moet word, te opponeer, en die boodskap is duidelik: Afrikaans as taal staan op sy eie, en die Staat sal niks doen om Afrikaans te bevorder of te beskerm nie.
Die dorp Piet Retief se naam is verander in iets onuitspreekliks en onbekend, terwyl daar steeds getorring word aan Pretoria se naam.
Sal al die lofsangers van Mandela se vrylating 20 jaar gelede nou vir een maal in hulle lewe die moed hê om op te staan, en ruiterlik te erken dat dit is wat hulle graag wou gehad het ? Dat weerlose oumense twintig jaar later vasgebind en wreedaardig en lafhartig vermoor word? Dat die Afrikaanse taal twintig jaar later in ‘n oorlewingstryd soos nooit tevore geforseer word ? Dat Suid-Afrika onherkenbaar vermink word met vreemde name, waar die laaste prioriteit skynbaar dienslewering is ?
Mnr. De Klerk moet nie pleit dat hy niks anders kon doen nie. Hy moet nou reguit sê of hy nou tevrede is, en of hy bereid is om enigiets méér te doen om die onreg teen die Afrikaner te herstel, behalwe om akademiese gesprekke oor die taal aan te bied.
Intussen is dit duidelik dat die Afrikaner twintig jaar na Mandela se vrylating, al hoe meer na homself moet omsien. Hy sal moet sorg dat hy voorbereid is om misdadigers ‘n warm ontvangs te gee, want moorde soos dié in Mayville, kan eenvoudig nie voortgaan nie.
As dit dan so is dat Afrikaans “op sy eie is” en die gebruikers daarvan self vir die taal moet sorg, moet ons dit as ‘n taaloorlog sien, en moet Afrikaanssprekendes nou meer as ooit op hulle taalregte staan, en weier om die taal van die voormalige kolonis te praat op enige plek of onder welke omstandighede ook al.
En die vertroude plekname moet in die volksmond behoue bly. Intussen moet alle denkbare en werkbare alternatiewe ondersoek word, om die Afrikaner weer ‘n vrye volk in ‘n vrye vaderland te maak.
Meningspeilings in Beeld en Die Burger het reeds oorweldigend bewys dat ‘n volkstaat ‘n al hoe meer aanloklike alternatief word vir die bedeling wat begin het met Mandela se vrylating 20 jaar gelede.
Henk van de Graaf

















6 reacties op dit bericht
Veni, vidi en gaan lopen, maar naar wààr?
Suid-Afrika, Vlaanderen, Brussel, Anderlecht, Antwerpen, Rotterdam, Skandinavië... een lijst zonder einde.
Het wordt niet maar IS een wereldwijd probleem. Westerse Oudjes en Jongeren worden beroofd en als het effe kan vermoord naar lieve lust. Vanwege hun laatste euro's die ze nog niet moesten lossen voor een fiscus die zorgt voor de subsidies van profiteurs aller landen en om wie ze ZIJN. Geen rode haan die er naar kraait.
Deze wereld wordt voor gereserveerd voor nie-blankes door onze eie poco blankes die de toekomst van hun eie kinderen naar het leven staan.
Begrijpe wie kan, het zal wal weer het gewetenloos en dom kortetermijngraaien zijn zeker?
Zijn de politiek-incorrecten nog in staat om het tij te keren?
Ik vrees het allerergste.
Mandela kan fier zijn
een hele prestatie het welvarendste land van Afrika quasi terug naar nul!
Mandela in het zangkoor
http://www.youtube.com/watch?v=NKiePbTcAfY
Ieder zijn mening daarover
Doe zoo voort...
Dankie vir hierdie mooi bydrae van jou.....ook die foto van die Boer by die Voortrekkermonument.
Jy onthou my miskien nie meer nie, maar ons het mekaar al op HNP-vergaderings ontmoet. Ek het ook die voorreg gehad om jou pa op Phillippolis te ontmoet.
Maar, laat ons voortgaan met die goeie werk, dit is, om ons vriende in die buiteland op hoogte van sake te hou. Die linkse media, en die linkse politici, en al diegene wat onder die "politiek-korrekte"-sambreel wandel, sal dit nie vir ons doen nie.
Ek is nie meer by enige koerant betrokke nie, maar dis ook maar goed so, want ek is nou onafhanklik. Ek kan sê wat ek wil, en ek het geen politiek-korrekte redakteur wat oor my skouer loer om te sien of ek skryf soos wat die ANC dit wil hê nie.
Ongelukkig is ek al aan die verkeerde kant van 50, en is my tyd dus kort. Ek sal waarskynlik nooit 'n Boere-republiek, of Afrikaner-republiek, of enige soevereine staat vir blankes in Suider Afrika sien nie. Daarvoor is ek al te oud, en die voorbereidingswerk wat voorlê, nog té veel. Al wat ek kan doen, is om mede-Afrikaners te inspireer, en om oorsese vriende van inligting (vars nuus sowel as Afrikaner-geskiedenis) te voorsien.
het eens zo mooie zuid-afrika
Zuid-Afrikaanse tragedie.
Vergeef me omdat ik mijn mening in deze nogal scherp stel.
Met de vrijlating van Mandela is de zwanenzang van Zuid-Afrika begonnen
Ik zal niet beweren dat HIJ de volle schuld heeft aan het huidige Z-A drama,maar zijn "beweging" heeft er na 20 jaar niets van gebakken.
Integendeel! Toen Mandela nog op Robbeneiland zat was het in Z-A nog veilig toeven omdat er onder,jawel,blank beleid nog orde en tucht heerste
Zoals geweten was dit een doorn in het oog van de Westers Linkse wereldverbeterraaars die absoluut en ten allen prijze binnen de kortste keren het bewind aldaar in handen van de zwarte Zuid-Afrikaan wou geven...met alle gevolgen vandien.
Het is geworden zoals een Ferrari geven aan een 18-jarige die met de hakken over de sloot zijn rijbewijs gehaald heeft...een fatale crash met een hoop schroot tot gevolg.En de rode roepers die destijds de ondergang bewerkstelligden zijn in geen velden of wegen meer te bekennen.
Spijtig voor het land èn zijn bevolking want het heeft alle troeven om een welvarende natie te zijn..echter.. zijn "leiders" doen het "lijden".
mvg.