Tranen over Suid-Afrika (10)
acdp.gif)
Politiek in Suid-Afrika
(Aflewering 10)
African Christian Democratic Party acdp.gif)
Die leier van die ACDP is Rev Dr Kenneth Meshoe, wat die party in 1993 in Gauteng gestig het. Dit is ‘n Christen Demokratiese party.
Eerwaarde Moshoe se party is deel van die internasionale familie van Christen Demokratiese partye in die wêreld, en hy het vele van sy idees van die Christen Unie in Nederland gekry.
In 1994 het slegs 88 104 kiesers vir die ACDP gestem, wat 0,45% van die totale kieserskorps verteenwoordig het. Eerw. Meshoe het toe slegs 2 setels ontvang. In 1999 het hy 228 975 stemme getrek, wat 1,43% van die toitaal was, en hy het 6 setels gekry. In 2004 het 250 272 ACDP gestem, wat gelyk was aan: 1,6%; en die party het 7 setels gekry. In 2009 het 142 658 van die kiesers ACDP gestem. Dit was slegs 0,81%, wat aan die party 3 setels besorg het.
Wat die ACDP uniek maak, is dat dit die enigste party is wat téén die nuwe Grondwet gestem het, omdat God se naam uit die aanhef weggelaat is. Die ACDP is ook sterk op provinsiale vlak, waar die party met 70 raadslede oor die hele land heen spog.
Die ACDP se beleid van “geen kondome”, wat aansluit by die beleid van die pous in Rome, het aanvanklik groot kritiek ontketen. Eerw. Meshoe se standpunt is dat HIV voorkom kan word deur weerhouding van seks buite die huwelik.

United Christian Democratic Party
Die UCDP is in 1997 in Johannesburg deur Dr Lucas Mangope gestig. Mangope is ook ‘n voormalige “tuisland-leier”, wat ‘n ondersteuner van Dr Verwoerd se tuislandbeleid was. Hy was leier van Bophutatswana, met Mafikeng as hoofstad, wat gedeeltelike selfregering geniet het.
Bophutatswana grens aan Botswana, wat ook aanvanklik deel van Suid-Afrika was, maar wat hul onafhanklikheid van Brittanje ontvang het. Alhoewel Botswana ‘n redelike arm land is, is dit tans die veiligste en bestendigste land in Afrika.
Een van Mangope se voormalige ministers het onlangs opspraak verwek toe hy in die media teen die nuwe Suid-Afrika uitgevaar het. Hy het gesê dat Suid-Afrika ‘n veel beter land in 1980 onder apartheid was; dat daar dissipline in die land was; dat daar geen hongersnood in die land was nie; dat werkloosheid feitlik onbekend was; en dat misdaad laer as die wêreldgemiddeld was. Hy het verskeie syfers aangehaal uit sy verslae as minister in die apartheidsera.
Mangope is ‘n lid van die Tswanavolk, wat tans sowat 8% van die land se totale bevolking uitmaak.
In 1999 het 125 280 Tswanas vir Mangope gestem. Dit het 0,80% van die totaal gevorm, en hy het 3 setels gekry. In 2004 was dit 117 792 stemme; 0,75%; en 3 setels. In 2009 was dit 66 086 stemme; 0,37%; en 2 setels.
Peter
















