
Die Britse tydperk
Nederland is in 1795 deur Napoleon oorwin, en die Britte het van die geleentheid gebruik gemaak om die Kaap te annekseer. Boonop het Brittanje slawerny afgeskaf, sonder om slawe-eienaars aan die Kaap te vergoed. Weens die afskaffing van slawerny het die meeste koloniste swaar verliese gely.
Diegene wat toe nie langer in diens van die VOC wou bly nie, kon hul eie plase koop. Alhoewel die plase nie werklik aan hulle behoort het nie, maar aan hulle geleen is, kon die Europese immigrante tog ‘n mate van vryheid geniet. Hulle is “Vryburgers” genoem.
Maar, die drang na vryheid het egter by die dag gegroei. Eers was dit die onmenslike behandeling van die VOC, die gebrek aan geriewe, die slegte weersomstandighede, die wilde diere, die strooptogte en moorde deur die Xhoi, en toe kom die Engelse en skaf slawerny af. Die Engelse kultuur, wat veel van die Europeërs se kultuur verskil het, was ‘n verdere probleem.
Enkelinge het reeds vroeg in die sestiende eeu die Kaap verlaat, hoofsaaklik om beter weiveld vir hul beeste te soek. Daar was ook grootwildjagters en avonteriërs wat die onbekende binneland ingetrek en verken het.
Die ontevredenheid onder die koloniste, veral die Hugenote, en ander Calviniste in die Kaap, het daartoe gelei dat die eerste gedeelte van die Groot Trek in 1834 begin het. Omdat hulle die eerste georganiseerde groep was om die Kaap te verlaat, is hulle Voortrekkers genoem.
Goeverneur Simon van der Stel, na wie die dorp Stellenbosch vernoem is, was met ‘n kleurling getroud. Sy seun – Willem Adriaan van der Stel – het hom as goeverneur opgevolg, maar was erg ongewild onder die bevolking aan die Kaap.
.

Stellenbosch
Daar was ook ongeruimdhede met die boerdery en hy is daarvan beskuldig dat hy familie en vriende bevoordeel het met die uitreiking van leenplase. Hy het ook immigrasie verbied, sodat weinig of geen immigrante uit Europa die getalle kon aanvul. Handel is gemonopoliseer, die administratiewe, wetgewende en geregtelike magte is in een liggaam saamgesnoer, die boere is voorgeskryf hoe om te boer en watter gewasse om te verbou, groot persentasies van elke oes moes as belasting betaal word, en die lewe is vir die boere moeilik gemaak.
Die boere het verder en verder weg van die Kaap getrek, en probeer om buite die gebied wat amptelik aan die VOC behoort het, te beweeg. Die VOC wou hierdie “ongehoorsaamheid” straf deur die boere te verbied om buite die VOC se grense te boer.
Peter
.
Morgen : Die eerste Boererepublieke
3 reacties op dit bericht
Die figuren
Savat
Ik heb het nare gevoel ...