Afrikaner Sagtemag in die Lae Lande


Enkele fragmenten uit PRAAG over het bezoek van Dan Roodt aan Europa.
Ook die ses miljoen Vlaminge, die Nederlandssprekende volk in België, is besig met hul eie demokratiese vryheidstryd om onafhanklikheid en selfbeskikking te verkry. By die partykongres van die Vlaams Belang verlede Sondag het die volgepakte saal dikwels uitgeroep: "België barst!", met ander woorde, dat die Belgiese staat besig is om tot niet te gaan en dat Vlaandere uiteindelik volle onafhanklikheid en 'n staat sal verkry.
'n Mens eet heerlik in België en die dinee by De Winter is uit die boonste rakke, met 'n gehuurde sjef wat allerlei geregte vanuit De Winter se kombuis optower, vyf of ses gange as 'n mens die kaas ná die hoofgereg insluit.
Eintlik is dit 'n fondsinsamelingsdinee en die twintigtal mense bestaan meesal uit Antwerpse sakemanne wat die Vlaams Belang finansieel ondersteun. Aan tafel praat ek Afrikaans en al die Vlaminge volg my gemaklik.
Die Vlaminge klap warm hande vir my enkele onvoorbereide woorde. Iemand komplimenteer my later selfs op my "grandiose toespraak". In sy Engelse toespraak meen Jared Taylor dat hy my beny dat ek in 'n taal wat so naby aan dié van die Vlaminge is myself verstaanbaar kon maak. Volgens hom stry ons almal, PRAAG, American Renaissance en die Vlaams Belang, dieselfde stryd ten behoud van die Westerse beskawing.
Lees Verder : Praag










