
Talle seksslawe is nie eens 18 jaar oud
WELKOM. – In ’n skokkende ontdekking is vasgestel dat verskeie van die jong vroue wat hier ná polisie-optredes as seksslawe geïdentifiseer en uit bordele gered is, minderjariges is.
Van die meisies wat in Lesotho, KwaZulu-Natal, Gauteng, Bloemfontein en op verskeie dorpe in die Vrystaat gekoop en hier aangehou en gedwing is om met die klubs se kliënte seks te hê, is glo ook gedwing om met klubeienaars seks te hê voordat hulle “aanvaar” is en besluit is waar hulle gaan werk.
Volksblad het vasgestel dat minstens sewe van die meisies jonger as 18 jaar oud is, en nie net een soos aanvanklik vermoed is nie.
Die verdagtes in die saak word aangekla onder die nuwe Wet op Seksuele Oortredings wat verband hou met mensehandel vir seksuele doeleindes.
Mev. Charmaine Labuschagne, beheeraanklaer in die hof vir seksuele misdrywe in Welkom, wat ook dié saak sal hanteer, het in September verlede jaar die eerste skuldigbevinding in Suid-Afrika onder die wet verseker en dit was ook in Welkom.
Intussen is borgtog van R10 000 hier in die streekhof toegestaan aan mnr. Daniël Rune, alias Thola (42), die eienaar van nagklubs en tavernes in Welkom en die vermeende opperbrein agter die misdade.
Hy en sy twee vermeende koppelaars, me. Brenda Snyman (24) en mnr. Abram Sekaleli, alias Chipa (45), wat glo deur Rune groot bedrae geld betaal is om hom van meisies en vroue te voorsien, is deur lede van die elite-ondersoekeenheid, die Valke, in hegtenis geneem.
Borgtog van R20000 elk is aan Snyman en Sekaleli toegestaan. Hulle moet op 16 Augustus weer in die hof verskyn.
Volksblad het reeds berig dat verskeie vroue, onder wie ’n 17-jarige meisie van Boshof, uit die seksnetwerk se kloue gered is. Die ander minderjariges kom moontlik ook van die Boshof en die Kimberley-omgewing.
Van Rune se klubs in die Goudveld is die Phakisa-nagklub in Dagbreek, Madiba-klub in Longweg, Welkom, en White House in Thabong.
Die meisies, wat teen hul sin hier aangehou is nadat hulle onder valse voorwendsels hierheen gelok is of by families gekoop is, moes uit die geld wat hulle met ontkleedanse en seks verdien het, hul eie kamers by die klubs huur en hul eie kos koop.
Klagte van onder meer mensehandel vir seksdoeleindes en die bedryf van bordele word teen die verdagtes ondersoek.
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Talle-seksslawe-is-nie-eens-18-jaar-oud-20100727
3 reacties op dit bericht
Ook Gita....
want ze woont er ook dichtbij, in "Breinienge". (Bredene voor de niet-Westvlamingen).
Lieve midweekgroetjes en een zonnige dag .....
Lieve groetjes van je blog maatje Gita.
Ik noem het geluid van de zee anders dan lawaai....
De zee doet veel, is veel maar maakt geen lawaai, lawaai is een geluid dat de zenuwen tot het uiterste kan tergen. Nee, dat doet de zee niet, toch niet voor mij.
De zee verveelt nooit, ze is altijd anders en altijd hetzelfde ze is een paradox die zich steeds weer herhaalt. Ze kan rustig ruisen en strelen als een verliefde vrouw ofwel zoals een furie met donderend geraas beuken op stranden en tegen dijken. Ze kan haar water metershoog opgooien met een stormkracht aangewakkerd door de wind en wee hen die haar dan bevaren... Maar ze kan ook zo kalm zijn als een zijden gewaad dat lichtjes op en neer fladdert en hen die haar dan bevaren laten genieten van haar zachte deinende beweging.
De Noordzee aan onze Vlaamse kust is de mooiste zee voor mij!