Internet is inderdaad 'n kragtige, vinnige, betroubare en uiters moderne hulpmiddel vir doeltreffende kommunikasie!.
As dit nie vir internet was nie: Sou ek nie soveel van Vlaandere geweet het nie ; sou ek nie soveel vriende in Vlaandere gehad het nie ; sou daar nie soveel Vlaminge gewees het, wat iets oor die Boerevolk geweet het nie ; en sou dié twee lande (Suid-Afrika en Vlaanderen), wat dieselfde volksgenote deel, veel minder van mekaar geweet het.
Toe mnr F W de Klerk (die laaste wit president van Suid-Afrika) die land aan die Marxistiese swart barbare op 'n skinkbord weggegee het, het die blankes, maar veral die Afrikaner/Boere, feitlik alles verloor. Op alle gebiede is die ANC-regering nou besig om die Afrikaner van alles wat hy besit, te stroop.
Een van ons grootste sport-borge - ABSA Bank - wat voetbal en rugby finansieël borg, het verlede week gewaarsku dat "rugby té wit" is. Toe die WB Voetbal vroeër vanjaar in S.A. gehou is, kon die hele wêreld sien dat die Suid-Afrikaanse span (ploeg) uit slegs swart spelers bestaan. Die borg, ABSA, het toe geen beswaar gemaak nie, maar verlede week het ABSA vir SARFU (South African Rugby Football Union) gewaarsku om méér swart spelers te kies. Die nasionale span - die Springbokke - was te wit ; die provinsiale spanne was te wit ; en verskeie skole, universiteite en klubs se spanne was vir ABSA té wit.
Net na die Tweede Vryheidsoorlog in 1901, toe die Britse imperialistiese magte Suid-Afrika met hul "verskroeide aarde"-beleid feitlik helemaal bankrot gemaak het, en duisende Afrikaners (agrariërs en ander plattelanders) geen heenkome gehad het nie, was die lewe vir die Boerevolk in vele opsigte net so uitsigloos as vandag.
Plattelanders was genoodsaak om in die stede en in die myne te gaan werk. Swak lone het veroorsaak dat nog meer armoede ontstaan het, en alhoewel die Boerevolk geestelik sterk was, en onwrikbaar in hul Skepper geglo het, was daar tog 'n persentasie van die Boerevolk wat vertroue in God verloor het, hulle aan drankmisbruik en ander onwettighede skuldig gemaak het.
Gelukkig was daar 'n paar manne wat versiende was, en wat die volk op ekonomiese gebied probeer help het. So is daar verskeie finansiële instellings gestig om die volk van algehele ondergang te red. Onder hierdie instellings was VOLKSKAS, 'n bank deur Afrikaners, vir Afrikaners. Volkskas het die arm Afrikaners weer moed gegee, en spoedig was dit een van Suid-Afrika se 4 sterkste banke.
Nadat S.A. in 1994 onder swart bewind geplaas is, is Volkskas onder druk geplaas om allerlei toegewings te maak. Toe Afrikaners hul oë uitvee, toe sien hulle dat die Britse bank - Barclays - vir Volkskas orgeneem het, en die bank se naam na ABSA verander het. Van toe af sou ABSA met rasseskrede sy vyandskap teen die Afrikaner, en teen alles wat Afrikaans is te toon. Die bank se taal is nou Engels; die personeel is omtrent 95% swart; en Afrikaner-kliënte se geld word misbruik. Die Afrikaner betaal nou met sy eie geld vir sy eie ondergang!
'n Reuse protesveldtog het sedert verlede week in die media begin, en vele kliënte van ABSA het hul geld aan dié bank onttrek. Alhoewel die Afrikaner grootliks deur die land se nuwe wette verarm gelaat is, is die Afrikaner steeds een van die finansieël sterkste groepe in die land. Hulle kan dus - as hulle wil - ALLE geld uit instellings onttrek en die wereld vir die "politiek-korrektes" onaangenaam maak.
Daar word nou 'n beroep gedoen op ontevrede Afrikaners om hul geld by 'n nuutgestigte bank - Oranjekas - te belê. Stemme het ook opgegaan om met die Vlaminge te skakel. "Ons mense weet nog te min van al die moontlikhede, internasionale wette, nasionale wette, ens., anders het ons lankal in Vlaandere gaan hulp soek," het een van die lesers van PRAAG geskryf.
Ek wil dan ook nou hier amptelik vra dat deskundiges in Vlaandere ons van raad moet bedien. Is daar 'n "politiek-niet-korrekte" bank in Vlaandere wat ons behulpsaam kan wees ?
Die besonderhede van die nuwe bank is: www.oranjekas.co.za
Daar is nog duisende Afrikaners wat in hierdie dae hul rekeninge by ABSA gaan sluit, en wat naarstiglik na 'n alternatiewe bank gaan soek. Diegene in Nederland en Vlaandere wat kenners op die gebied van bankwese is, en wat weet hoe om die bank uit en weg van die IMF se kloue te hou, moet asseblief met Oranjekas se direksie skakel. Die Afrikanervolk het hul vriende in Europa se spoedige hulp nou nodig!
Met behulp van die wonderlike, moderne tegnologie - INTERNET - kan, en moet ons die Boerevolk oorwin !
Peter
2 reacties op dit bericht
Laura Lynn?
Er waren weinig jonge mensen aanwezig, maar de zaal zat barstens vol want,vanaf de eerste dag (e derde mei)was alles al uitverkocht.
Waarom kan dat niet met onze schlagerzangers? of is men bang dat het Vlaamse volk zou beginnen meezingen.
En, voor degenen...