
Jan van Riebeeck
Dit is vandag (6 April 2012) presies 360 jaar gelede dat die Nederlander - kommandeur Johan Anthonisz (Jan) van Riebeeck - met sy 3 skepies - de Rijger, de Drommedaris en de Goede Hoop - met 90 Europeërs aan boord, in Tafelbaai ankers uitgegooi en vasgemeer het.
Enige dae later het nog 2 skepe daar vasgemeer. Dit was die vragskepe de Walvis en de Olifant. Die VOC (Vereenigde Oostindische Compagnie) is in 1602 gestig en in 1652 het die Heeren Zeventien 5 skepe na die suidpunt van Afrika gestuur om 'n verversingspost te stig, en om handelsbande met die "plaaslike bevolking" te smee.
Die sogenaamde plaaslike bevolking was egter nie "handelsvennote"-materiaal nie, en Van Riebeeck het dit as 'n mislukking afgemaak. Die eerste 3 dekades het die Europeërs uit hoofsaaklik enkellopende mans bestaan. In 1688 het 144 mense (wat hoofsaaklik uit gesinne bestaan het) uit Frankryk gevlug en het as die Franse Hugenote bekendgestaan.Daar het ook, tussen 1688 en 1730 verskeie enkellopende mans en vroue na die Kaap verhuis. Nederlandse- en Duitse weesmeisies het ook in georganiseerde groepe in Tafelbaai aangekom, en in 1662 het die bevolking uit 290 (amptenare van die VOC, vryburgers en slawe) bestaan.
In 1706 was die samestelling 646 amptenare, 1 719 vryburgers en 1 395 slawe. In 1860 was daar 260 000 blankes in Suid-Afrika, waarvan 200 000 Afrikaners was. Die aanwas onder die blankes was stadig, terwyl die bruines en swartes geweldig toegeneem het.

Vandag staan die blankes op minder dan 1,7 kinders per gesin, en sowat 1-miljoen het - weens misdaad, wanadministrasie, korrupsie, en plaasmoorde - na oorsese lande gevlug.
'n Jong man wat in 1707 met die gereg op Stellenbosch gebots het - Hendrik Biebouw - het hom teen die owerhede verset en op sy "status" as vryburger beroep. Hy het uitgeroep:"Ik ben een Africaander en geen onderdaan van de VOC!" Van daardie dag af was die naam "Afrikaners" deel van die woordeskat van die bevolking aan die Kaap.
Die benaming "Boer" het ontstaan weens die feit dat die meeste vryburgers in Kaapland boere was. Hulle het allerlei voedselprodukte soos graan, vrugte, wyn, en vars vleis geproduseer. Die boere het dus die ruggraad van die ekonomie gevorm. In 1834 het ontevrede Kaaplanders, wat nie langer onder die Britse juk wou dien nie, die land in klein groepies begin verlaat. Hulle het ooswaarts en noordwaarts die binneland ingetrek, en is "Voortrekkers" genoem.
Toe die Voortrekkers hulle in die 19de eeu in die 2 nuwe republieke (Republiek Oranje Vrijstaat en Zuid-Afrikaansche Republiek) gevestig het, het hulle as die "Boerevolk" bekend geword. "Afrikaners" en "Boere" stry tot vandag toe oor die definisie van die twee name, en nie een van die twee wil deel van die ander groep wees nie. Streng gesproke is die twee een en dieselfde volk.

Voortrekkers
In 1652 was die land woes, en die natuur ongerep. Die oerinwoners (Xhoi-Xhoi en Xhoi-San), wat reeds sowat 20 000 jaar in die gebied woon, was wyd en yl oor die hele Kaapland versprei. Weens die kultuurverskille tussen die Europeërs en die Xhoi, was dit nie altyd maklik om "eiendomsreg" te begryp en te definieër nie.
Die Xhoi het geen grense geken nie, en die hele wêreld het aan almal behoort. Die Europeërs daarenteen, wou dat elke groep vasgestelde grenslyne en grensbakens bekom, en almal moes daar die grense eerbiedig. Vir die meeste mense was daar die eerste 100 jaar 'n tyd van swaarkry en van ontbering.
Soms het die suidoostewind, ook die "Kaapse Dokter" genoem, so sterk gewaai dat geen mens dit buitenshuis kon waag nie. In die winterseisoen het dit gereën, en die temperatuur het sterk gedaal, want die Kaap lê in 'n winterreëngebied. In die somer was dit droog en warm. Vele immigrante het siek geword en selfs gesterf van ontbering. Wilde diere, soos leeus, olifante, tiere, en ander roofdiere, was vollop en vir die Europeërs was dit soms 'n nagmerrie.
Daar was ook ander soorte gevare. Die Xhoi het soms van die blanke veeherders oorrompel en vermoor. Hulle het dan met die diere die onbekende binneland in gevlug. In 1796 het die Britte die Kaap oorgeneem en hul ongewilde wette, reëls en regulasies op die Vryburgers afgedwing. Die gebruik van die Nederlandse taal (wat Afrikaans ingesluit het) was verbode.Toe die eerste groot groep Britse setlaars in 1820 die land binnegekom het, het die hele demografie drasties verander.
Daar was ook georganiseerde groepe uit Duitsland wat hulle saam met die Engelse in die Oos-Kaap gevestig het. Die Europeërs, maar veral diegene wat uit die laaglande gekom het, het veel deurgemaak en kan vandag beskou word as gelouterde en geskoolde mense.
Die Afrikanervolk het dit reg gekry om die beskawing aan die suidpunt van Afrika te plant, maar hulle is steeds nie sonder probleme en teenkanting nie. Die nuwe swart regering van Nelson Mandela het 'n verdere struikelblok in die pad van vooruitgang geword. Die Boerevolk, of Afrikanervolk, of wat die leser ons mense ookal wil noem, staar tans uitwissing in die gesig. Sommige mense noem dit volksmoord (genocide), en ander ontken dat die Afrikaner se toekoms in gevaar is.

Tijdens het WK Voetbal droegen bezoekers hemdjes met de niet mis te verstane boodschap "Vermoord mij niet, ik ben enkel een toerist en niet DE BOER"
Feit bly staan dat sowat 40 000 lede van 'n klein volk (wat uit 3-miljoen bestaan) reeds uitgewis is, en dat 5 tot 10 mense steeds daagliks vermoor word. Na 300 jaar van pionierslewe en van swaarkry, het Suid-Afrika die status van "Eerstewereldland" ontvang.
In 1960 het Dr Hendrik Verwoerd die land uit die Britse Statebond gelei, en in 1961 het hy Suid-Afrika tot soevereine republiek verklaar. In Verwoerd se tyd was Suid-Afrika nie meer 'n "onbeduidende, derdewereldland in Afrika," nie, maar het onder die top 20 lande van die wêreld getel. Sommige Afrikaners meen dat Dr Verwoerd 'n fout begaan het deur die republiek vir ALLE Suid-Afrikaners te stig. 'n Deel van die land moes aan die Afrikaner/Boerevolk gegee gewees het, terwyl die res aan die swartes oorhandig moes gewees het.
Tans is die swartes baas van die hele Suid-Afrika, en alle nie-swartes ly daaronder.Die vraag wat menige landsburger homself vra, is of dit dan die moeite werd was dat Jan van Riebeeck na die suidpunt van Afrika gestuur is, en of dit die moeite werd was dat duisende immigrante uit verskeie lande in Wes-Europa, hierheen verhuis het. Dit wat daardie groepie van 90 Nederlanders en hul nageslagte bereik het - 'n Eerstewereldland in Afrika - word nou vinnig gereduseer na die ou Afrika wat in 1652 bestaan het.
Peter Murray

Britse troepen en Boeren bevechten mekaar
Pst : De tekst van Peter is Afrikaans geschreven, dat heel makkelijk leest als u een kleine inspanning levert. De ondertitels bij de afbeeldingen zijn in het Nederlands.