Ons eis vryheid


Wat ‘n voorreg om saam met my Volksgenote te kon wees vandag! Dis onmoontlik om die gevoel te beskryf om deur die strate van Pretoria te ry terwyl die Vierkleur op die dakke van die voertuie wapper en die verkeer by alle verkeersligte vir ons gestop word!
Vir die wat nie wou glo dat die Vierkleur weer hier sal wapper nie… Vandag was maar die begin!
Die Duitse en Franse Ambassades het geweier om ons eis in ontvangs te neem, maar die eis is wel ontvang deur die Ambassade personeel van Nederland en Amerika asook deur die VN. Die VN se verteenwoordiger het nie net amptelike ontvangs erken nie, maar ons te woord gestaan en onderneem om die inhoud daarvan onmiddelik aan die VN oor te dra!
…maar die mooiste van alles is die respek en ordelikheid van ons mense en dan natuurlik die sing van die STEM terwyl, nie net die personeel van die VN kantoor nie, maar ook lede van die SAPD in eerbied hul hoofde laat sak!
My opregte dank aan die Volksraad vir hierdie dapper daad en dankie uit my hart aan elkeen wat daar was en elkeen wie se gebede ons vandag vergesel het!
****
Hierna de commentaar van onze vriend Peter Murray :
Kom ek gee vir julle die antwoord! Kommunikasie is die lewe (by mens en dier en plant) se beste barometer!
Goeie kommunikasie bring goeie resultate mee, en swak – of geen – kommunikasie bring konflik en selfs oorlog na vore.
Ons mense het geleer (by ons ouers, in die kerk, by die skool en deur middel van ons politiek van voorheen) om nie opstandig te wees nie, om nie die reg in eie hande te neem nie, om nie ondankbaar te wees nie, om nie te protesteer nie, en vele meer!, maar om die “owerhede” gehoorsaam te wees en te vertrou.
Nou leef ons in die jaar 2012; ons leef in die Nuwe Suid-Afrika; ons mense is verward en weet nie meer wat om te doen, te dink en te sê nie. Ons mense is nie gewoont aan protesoptogte nie, en weet nie hoe om hul stem te laat hoor nie – nie binnelands nie, en nog minder buitelands.
Toe soortgelyke optogte ‘n paar maande gelede by ons eie ambassades in die buiteland beplan is, het ‘n paar stede elkeen ‘n handjievol betogers gehad. In Brussel, Europa se hoofstad, was daar slegs EEN persoon, ‘n Vlaamssprekende Brusselaar, wat groot moeite vir ons gedoen het, maar weens SWAK kommunikasie, en omdat Afrikaners in Europa bang of sku of wat ookal was, het GEEN optog plaasgevind nie.
Ek het die presiese ligging van die 3 plekke in Brussel waar daar betoog moes word bekendgemaak, ek het die roetes wat gestap moes word aangedui, en ek het die afstande en die aantal minute wat bejaardes dit sou aflê ook aangedui.
Die arme Brusselaar wat vir ons die voorbereidings gedoen het, is ‘n sieklike bejaarde. Hy het ‘n afspraak later in die dag by sy hartspesialis gehad, maar het dit as sy morele plig gesien om eers toe te sien dat Afrikaners hul weg in die vreemde groot stad kan vind. Die beloning wat hy vir sy harde werk gekry het, was ‘n totale boikot deur Afrikaners in Europa. Is dit dan vreemd as daar sekere ambassades is wat ons mense boikot? Hulle betaal ons maar net terug in eie munt! Voordat Afrikaners (veral die Vryheidsoekende Afrikaners) nie geleer het hoe om te kommunikeer nie, sal ons elke keer bloutjies loop.
Optogte, betogings en ander vorms van protes, word daagliks met groot sukses in oorsese lande uitgevoer. Ons kan ook sukses behaal, ons moet net leer van ons stamlande. As ‘n Minister van Buitelandse Sake in Nederland nie eers ons geskiedenis ken nie, hoe sal hy dan positief kan reageer op versoeke van die Afrikaner/Boerevolk?
Nederland se ambassade het nou wel positief gereageer vandag, maar dit kon net so wel negatief gewees het. Sy nuwe Minister van Buitelandse Sake het onlangs verklaar dat “alles wat in Suid-Afrika verkeerd is, die gevolg is van jare lange verdrukking en apartheid.” Dit is mos.
http://southafricanews.wordpress.com/2012/11/30/ons-eis-vryheid/#comment-463







