Tranen over Suid-Afrika (11)
Politiek in Suid-Afrika:
(Aflewering 11)
Pan Africanist Congress of Azania:
Die PAC is een van die ouer partye in die Suid-Afrikaanse parlement, en is in 1959 gestig. Die huidige leier is Letlapa Mphahlele. Die party het ook ‘n militêre agtergrond – soos die ANC en die Kommunistiese Party – en is berug daarvoor dat hy onverdraagsaam teenoor die teenwoordigheid van blankes in Afrika is. Die party se leuse is:”Afrika vir die Afrikane” (Afrika vir die swartes). Die PAC verwys ook nooit na Suid-Afrika nie, maar na Azania.
In 1994 het die party met ‘n reuse kieserskorps van 243 478 gespog, wat 1,25% van die totaal verteenwoordig, en aan die party 5 setels besorg het. In 1999 het die stemme na 113 125 gedaal, wat slegs 0,78% was, en slegs 3 setels werd was. In 2004 was die uitslag feitlik dieselfde toe 113 512 kiesers PAC gestem het. Dit was gelyk aan 0,73%, en het ook 3 setels aan die PAC besorg.
Die reuse aanhang van president Jacob Zuma het sy tol by die meeste ander swart partye ge-eis, en die PAC het ook in 2009 ‘n groot verlies gely toe hy slegs 48 530 stemme kon trek. Die persentasie was maar 0,27, en slegs 1 setel is aan die party toegeken.
Dit lyk nie of die PAC nog lank op die toneel sal wees nie..
Azanian People’s Organisation:
Die AZAPO is die kleinste party in die parlement, en is ook ‘n party wat wil sien dat die blankes uit die land verdwyn. Hulle praat nie van Suid-Afrika nie, maar van Azania.
Die leier is Mosibudi Mangena, en sy sosialistiese party is in 1978 gestig. In al drie verkiesings (1999, 2004, 2009) kon die party elke keer net een setel wen. Die stemme wat op AZAPO uitgebring is, was onderskeidelik 27 257; 39 116; en 38 245, en staan gelyk aan: 0,17%; 0,25%; en 0,22%.
South African Communist Party:
Geen gegewens oor die SACP is beskikbaar nie, behalwe dat dit een van die ANC se grootste en getrouste bondgenote is.




acdp.gif)





