Politiek in Suid-Afrika
(Aflewering 9)
Onafhanklike Demokrate (OD/ID)

Mevr Patricia de Lille, ‘n kleurlingvrou van die Kaap, is die leier van Suid-Afrika se bruin party – die Onafhanklike Demokrate – wat sy hoofkantoor in Kaapstad het. Die OD (of Independent Democrats in Engels) is in 2003 gestig en is ‘n sosiaal-demokratiese party. Die OD is in beheer van verskeie stadsrade in die Wes-Kaap, en word beskou as die “weegskaal” in die Wes-Kaapse politiek. Die OD speel ‘n deurslaggewende rol om te bepaal of ‘n sekere kiesafdeling deur die ANC of deur die DA beheer gaan word.
Die Kleurlinge (of bruinmense van Suid-Afrika) tel sowat 4-miljoen, is hoofsaaklik Afrikaanssprekend, en behoort aan een of ander Christelike kerk. Daar is ook Moslems onder die Kleurlinggemeenskap, maar dié is by verre in die minderheid.
Die Kleurlinge is afstammelinge van blankes, slawe uit verskeie lande (maar veral uit Indonisië, Indië en Maleisië), en tot ‘n minder mate van plaaslike Xhoi-mense (Hottentotten en Bosjesmannen).
Die OD het in die 2004-verkiesing sowat 269 765 stemme gekry, wat 1,7% van die totale bevolking uitmaak, en wat aan mevr De Lille 7 setels in die parlement besorg het. In 2009 het sy 162 915 stemme gekry, wat 0,92% verteenwoordig, en wat slegs 4 setels werd was.
Mevr De Lille staan bekend as ‘n vrou wat die regerende ANC slapelose nagte besorg. Sy besit die vermoë om – soos ‘n goeie speurder – die ANC se foute blitsvinnig op te spoor en dan die regering in die parlement daarmee te konfronteer. Menige “skandaal” (of dit nou bedrog, toesmeerdery, leuens, diefstal, of wat ook al is) is al deur mevr De Lille in die openbaar bekendgemaak, tot groot verleentheid van die regering, en tot groot vermaak van die opposisielede.
United Democratic Movement 
Die UDM is in 1997 deur sy leier – Bantu Holomisa – gestig. Dit is ook ‘n sosiaal-demokratiese party, en sy ondersteuners is hoofsaaklik Xhosas. Mnr Holomisa kom ook uit die “tuisland-politieke era”, en was aanvanklik as ‘n verraaier onder sy eie mense beskou. Tydens die apartheidsregering se tuislandbeleid was mnr Holomisa die leier van die Ciskei, wat ‘n stelsel van gedeeltelike selfregering geniet het.
Die regering se “tuislandbeleid” het groot kritiek oorsee en onder swartes in Suider Afrika uitgelok, maar die blanke regering het voet by stuk gehou dat dit op die langtermyn die beste beleid vir die ganse Suider Afrika sou wees.
Dr Verwoerd wou dat elke etniese groep in Suid-Afrika “mettertyd” hulself moet regeer, en hy het “onafhanklikheid” beloof aan elke groep wat daarvoor sou vra.
In die jaar 2010 blyk dit tog die beste beleid te gewees het, net jammer dat Dr Verwoerd nie by die blankes begin het nie. Hy wou eerste aan alle swart stamme hul grondgebied gee, en alles wat daarna sou oorbly, sou dan outomaties “witmansgrond” wees. Vandag sit die witman met niks!!! Die witman het nou ‘n verbode immigrant in sy eie geboorteland geword.
In 1999 het Bantu Holomisa 546 790 Xhosastemme op hom verenig, wat 3,42% was, en aan hom 14 setels besorg het. In 2004 was dit 355 717; 2,30%; en 9 setels. In 2009 was dit: 149 680; 0,85%; en 4 setels.
Die Xhosas, wat sowat 10-miljoen tel, is Suid-Afrika se 2de grootste etniese groep.
Peter
2 reacties op dit bericht
Asiel
een dikke proficiat