
'n Voorstelling van die moord op Retief en sy manne uit 'n baie ou
rolprent oor die Voortrekkers.
Die Gelofte
Die Gelofte is nagekom en dit wat die volk belowe het, het hulle gedoen. ‘n Gedenkkerk is in Pietermaritzburg opgerig, en Afrikaners vier 16 Desember al sederdien elke jaar as ‘n dankdag. Daar is wel individue wat die dag misbruik deur politieke toesprake te hou, en ander (veral die Kapenaars) sê dat hulle nie deur die Gelofte gebind is nie, maar die oorspronklike idee was om dit as ‘n dankdag te vier, vandaar “Geloftedag”. Die swart gemeenskap van Suid-Afrika, sowel as ander blankes, liberale Afrikaners, noem dié dag “Versoeningsdag”, om as teenvoeter vir die Gelofte te dien.
Die eerste republiek wat deur die Voortrekkers op hierdie trek gestig het, was dié van Natalia in Noord-Natal. Op 20 Oktober 1838 het Piet Retief en Koning Dingaan ‘n ooreenkoms aangegaan waarin Dingaan ‘n “aansienlike groot gedeelte” van sy koninkryk aan die Voortrekkers sal gee, in ruil vir ‘n guns wat Retief vir Dingaan moes doen, naamlik om die beeste wat Sikonyela van Dingaan gesteel het, aan hom moes terug besorg. Dit het Retief gedoen deurdat hy Sikonyela suksesvol verslaan het en die diere wat gesteel is, aan Dingaan terug besorg het.
Toe Retief na Dingaan se kraal gegaan het om die traktaat saam met Dingaan te onderteken, het Dingaan die hele geselskap van 70 Boere en 30 Kaapse Kleurlinge te vermoor – nadat die traktaat geteken is. Lank na die bloedbad, toe die ander Trekkers die gebied besoek het, is die bladsak – waarin die traktaat nog veilig gesteek was – van Retief buite die kraal van Dingaan gevind. (Dit is vandag in veilige bewaring in die Voortrekker-museum in Pretoria).

'n Tekening van die Voortrekkermonument, wat in 1949 luisterryk in Pretoria ingewy sou word, soos dit elf jaar vroeër in 'n advertensie verskyn het. Die advertensie was van die Universiteit van Pretoria, wat homself daarin as die "Voortrekker-universiteit" voorgestel het, en het verskyn in Die Huisgenoot se Gedenkuitgawe vir die Groot Trek, Desember 1938. Sestig, sewentig jaar later kan nuwe geslagte hulle nie meer die opwellende nasionalisme voorstel wat destyds deur die monument opgewek is nie—laat staan nog aan die genoemde universiteit dink as 'n Voortrekker-inrigting. Maar soos een waarnemer dit stel: "Tye het verander, goed en wel, maar laat niemand vergeet waar hy of sy vandaan gekom het nie..."
Natalia is dus wettiglik deur die Trekkers bekom – Retief en Dingaan se handtekeninge op die gevonde traktaat bewys dit – en is wereldwyd as eiendom van die Voortrekkers (Boerevolk) erken. In 1843, slegs 4 jaar later, het die imperialistiese Britse regering dit egter geannekseer. Die Britte kon maar net nie aanvaar dat die Boerevolk ‘n onafhanklike volk is wat na vryheid strewe nie, en het die Boere as Britse onderdane beskou. Hulle, die Boere, moes vir ewig onderdanig aan die Britse kroon bly.
In 1852 het Transvaal onafhanklik geword toe die Zuid-Afrikaansche Republiek tydens die Zandrivier-konfensie in Pretoria gestig is, en tydens die Bloemfontein-konfensie in Februarie 1854, is die Republiek van die Oranje Vrijstaat gestig. Al hierdie dinge het in minder as 20 jaar na die begin van die Groot Trek, gebeur.
Peter
.
Morgen : Goud en Diamante
5 reacties op dit bericht
@soortgenoten met veel emailadressen
Als je nog met een vast ip werkt, kan je ook een (betalend) programmatje installeren om je ip te verbergen/veranderen.
Sommige stompzinnige gazetten houden eveneens je pc-configuratie bij. Dus af en toe eens met een andere browser die schijtgazetten openen helpt ook om je reactie alsnog geplaatst te krijgen. Of je schermresolutie vergroten of verkleinen... je moet zelf maar inventief genoeg zijn.
Salauds, uw dagen zijn geteld!
mie toe
Géén alleenstaand geval.