
Kommandant Koos de la Rey was een trotse lang man
.
Die Unie van Suid-Afrika
.
In 1910 is die Unie van Suid-Afrika gestig, wat die einde van alle Boere-republieke amptelik en finaal bevestig het. ‘n Paar Boere-generaals en hul volgelinge het in 1915 in opstand gekom. Hierdie optrede is die “Rebellie van 1915” genoem. Dis egter gou gestop toe Generaal Koos de la Rey doodgeskiet is, en van die ander generaals in hegtenis geneem is.
Generaal Louis Botha was die eerste Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika. na hom het generaal Jan Smuts, wat ook lojaal teenoor die Britte was, Eerste Minister geword. Alhoewel hy tydens die oorlog baie gewild onder die burgers was, en hy ‘n dapper en suksesvolle Boere-generaal in die oorlog was, het sy gewildheid as politikus afgeneem. Sekere Afrikaners beskou Smuts as “die grootste verraaier van alle tye”. Smuts het in Londen in die Regte gaan studeer, en hy was ook ‘n stigterslid van die Verenigde Nasies. Afrikaners wat nie lojaal aan Brittanje wou wees nie, is deur hom geillemineer.
In die verkiesing van 1948 het Smuts se Verenigde Party, wat eers as die Suid-Afrikaanse Party bekend gestaan het, teen Dr D F Malan se Nasionale Party verloor. Dit was ‘n reuse deurbraak vir die Boerevolk (of Afrikanervolk, soos wat hulle toe genoem is), wat toe vir die eerste keer in die geskiedenis, volle beheer oor die hele land gehad het.
Van 1948 tot 1994 was ‘n tydperk van ekonomiese groei vir die land, wat van Suid-Afrika ‘n sogenaamde “Eerstewereldland” gemaak het, maar terselfdertyd was die land ook – weens sy beleid van Afsonderlike Ontwikkeling (apartheid) – ongewild (hier te lande, maar ook oorsee en elders in Afrika).
Die Afrikaner/Boerevolk was teen hierdie tyd (1948) reeds 296 jaar op die sub-kontinent, en het veel ervaring van die groot verskeidenheid etniese groepe gehad. Die leiers (Malan, Strijdom en Verwoerd) het maar té goed besef dat die kultuurverskille té groot was, en dat daar skeiding tussen die verskillende groepe moet kom. (Die metodes wat gevolg is om die gesamentlike ideaal te bereik, het miskien verskil. Dit is veral die nageslagte, wat nou in die 21ste eeu leef, wat voel dat daardie leiers van 50 en 60 jaar gelede, anders moes opgetree het).
In 1960 het Dr Verwoerd die land se lidmaatskap van die Britse Statebond beeindig, en ‘n referendum uitgeroep sodat die blanke gedeelte van Suid-Afrika “vir” of “teen” ‘n republiek kon stem. Aan die verskillende nie-blanke groepe wou hy (dr Verwoerd) mettertyd almal onafhanklikheid gee. Daardie deel wat oorbly, wat nie tradisioneel aan swartes behoort het nie, sou outomaties “blank Suid-Afrika” wees.
Peter
.
Morgen : Die Republiek van Suid-Afrika
1 reactie op dit bericht
Hier in ' Sjoemelland'
Het gebeuren moet zich afgespeeld hebben ten tijde van Air-Flahaut.
Het mag tevens aangestipt worden dat er bij defensie,toen generaal Crembo aan het hoofd kwam, in de boekhouding een gat van vele miljoenen euri's gevonden werd waar (toevallig) niemand van de toenmalige verantwoordelijken enige uitleg voor heeft.Zelfs air-Flahaut himself kwam "uit de lucht" gevallen toen men hem met dit gegeven confronteerde.Ach meneir...moesten we àlles weten!