Zondag 29 maart 2026
langs akkers van skroom (Afrikaans)
langs akkers van skroom
slenter ek – of eerder
skuifel ek vorentoe,
huiwerend om doelloos
in ’n verwarrende droom
te trap.
.
is ek dan nog myself,
eerbiedig aards,
of ondergaan ek bloot
sielkrampe?
.
my afwaarts gerigte oë
begrens, soos knellende bondels
van swart lig, al hoe meer
my krimpende bors,
.
totdat ’n knellende gees
die nog oorblywende
lewensade gedors het –
deur vrees, die meeste.
Geschreven door juliusdzs om 11:17
Reageer op dit bericht

