De stem van Zuid-Afrika en uit Stellenbosch
Weggeplukt uit de reacties, dit stuk in het Afirkaans van onze vriend Peter. Is het een idee, dat Afrikaans zachter klinkt dan Nederlands ? Eens u er aan went om het te lezen, is het zeer aangenaam en direct.
Stellenbosch word deur vele as die mooiste plek in Suid-Afrika beskryf. Op meegaande foto kan mens sien dat dit 'n pragtige omgewing is. Die dorp self is net so pragtig, en is vol besienswaardighede vir die besoeker van oorsee.
Dit is net jammer dat die MOOI van gister, stadig maar seker besig is om te verdwyn. Vandag is dit reeds sigbaar, en spoedig (môre) sal die MOOI iets van die verlede wees.
Wanneer 'n mens daar in die omgewing woon, sal die verskille miskien nie so opvallend wees nie (want 'n mens is geneig om aan veranderinge gewoont te raak), maar vir my as besoeker van elders, het die Boland (soos die bergagtige gebied buite die Kaapse Skiereiland bekendstaan) sy glorie verloor.
Gaan kyk maar hoeveel Afrikaanse name (Franse, Duitse en Hollandse) het oorgebly. Tot so onlangs as 25 jaar gelede, het die meeste Bolandse plase (in die distrikte van Stellenbosch, Paarl, Wellington, Franschhoek, Somerset-Wes, ens.) aan Afrikaners behoort (Dit is plase wat al geslagte lank - 200 - jaar en langer, aan dieselfde familie behoort het).
Speciaal om de vrienden van Links te plezieren een foto van het Paul Krugermonument. Er zit een vredesduif op zijn hoed, dat zal een vergissing zijn, want vredesduiven komen alleen bij linkse dictators terecht.
Vandag behoort meer as 50% aan buitelanders en groot maatskappye. Mense wat niks vir die bewaring van die Afrikanergeskiedenis omgee nie. Die plaas waarop Afrikaans sy beslag gekry het, en waar die eerste Afrikaanse skool gebou is, behoort aan 'n onsimpatieke uitlander. Hy het 'n kultuur-organisasie, wat die Afrikaanse taal op GRA-dag wou gaan vier, toestemming op die plaas geweier, en ook gedreig dat hy die historiese gebou gaan sloop, "omdat dit deel van die rassistiese verlede uitmaak."
Plakkerskampe ontsier reeds groot dele van die Bolandse landskap, wat voorheen as "Suid-Afrika se mooiste" natuurtonele beskryf is. Op 'n Nederlandse TV-programma is onlangs verklaar dat die plakkerskampe "die erflating van apartheid" is. Dit is ongelukkig ver van die waarheid. Twintig tot 30 jaar gelede was daar nie plakkerskampe op toeriste-roetes wat in omvang met vandag se plakkerskampe vergelykbaar is nie.
In die jaar 1975, toe die pragtige Afrikaanse Taalmonument in die Paarl onthul is, was daar minder as 200 000 Xhosas in die Boland en in die Kaapse Skiereiland. Vandag tel hulle waarskynlik reeds meer as 3 mljoen, waarvan die meerderheid geen werk en geen huise besit nie - slegs onwettige opslaan-hutte in plakkerskampe.
* Stellenbosch sal nooit weer dieselfde wees nie.
PGM, Vrijstaat.
21-03-2008, 09:51 geschreven door Peter

Landschap nabij Paarl










