ge-bed daniel hugo


my engel wat hemels hier in my arm lè
laat jou wil geskied, ek sal doen wat jy sê
en lief gee my vrywillig jou daaglikse soen
lei my in versoeking dat ons die bose doen
want aan jou behoort die liggaam en sy mag
so lank as jy lewe, maar veral vannag
laat jou naam 'n geheim bly, laat niemand jou ken
want jy laat my koninklik kom - amen






