Hallo daar !
Geniet die gedig ! Geniet die Nederlandse tal.
Hiers van my gedigte !
Groete !
Die Stilte
Dit is die stilte geknal
wat my ore laat tuit
My gedagtes laat uitroep
sodat iemand kan hoor
Kon ons maar die verlede herstel
Die huidige bestel se geskel
Alles op skinkbord bestel
Jou alles wil vertel
en ons moet vaarwel
want ons dae is getel
Ek druk my ore eintlik toe
vir die stilte wat so raas
Hoor die voetstappe wat nader dreun
Ons buurland in ons geween
Die wit skildersdoek rof toegeverf
in donker swart gewaad
met net een ander kleur
Om te smag na bloed smarag
soos die maan in wyn-gedrink
deurbreek in rooi verglas
So deurskynend toekoms duister
ons gevoelens moet fluister
So roep ons in stilte uit
vir iemand wat wil hoor
Ons oë wat praat
Ons ore wat sien
Ons mond wat hoor
Met ons hande styf geboeid
in die voorlinies veg
Hoe magtig kan swart nie wees
die onderwêreld van die kwaad
elke pen gelaai met lood
met ink- bloed uit die dood
en wit op swart die houe knal
hul een vir een laat val
My pen bloei hom leeg
met elke strompel struikel teug
hand bewend die sneller trek
Veg ...!!!
daar is nog asem
daar is nog hoop
Bloei pen...!
Bloei...!!!
Kry daai gif uit jou hart
SEB...nee...!
Laai en skiet...!!!
WEB..., ja...!
Hou aan skiet...!!!
Die pen is leeg...?!
Hoeveel geskryf moet ek nog vermoor...?!
Laai nog magasyn...
Hoe magtig is die pen
Die persoon agter die...
Wat in stilte ontplof
en gedagtes skrapnel in gewond
weer laai...
weer skiet...
Moenie ophou nie
Dryf die vyand terug
Wees dapper in hierdie spyt
Dink aan jou siel
Kalmeer jou gees
Die liggaam verlam
In stilte verwees
Veg stilte met stilte
Skree jou gedagtes op papier
Daar is tog denke wat luister
Iemand wat sal verstaan
Die stilte
wat die land verwoes
http://www.woes.co.za/skrywers/5157_Monarco.htm