Een gedicht van Jacobus Daniël du Toit
Daar is geen dood
Daar is geen dood. Wat lewe heet, is net die op en neer as ons klein skuitjie al maar daal en klim; en wat ons sterwe noem, is niks nie meer as ons verdwyning op die gindse kim.
Daar is geen dood. Ons wat van lae strand dit sien, en speur hoedat hul vaart die afstand steeds vergroot ons kan nie sien wat anderkant gebeur, en daarom noem ons die verdwyning: dood.
Daar is geen dood. Ons lae standpunt is te laag en ver, en hul ontseil ons sfeer van ruimte en tyd, daarom word eindelik ons blik versper wanneer hul roerpen stuur in die eeuwigheid.
Passieblomme (1934)
|