Een gedicht van Jan F.E. Celliers 1865-1940
Die stem van die verte.
So's temend geprewel van stille gebede kom stemme van ver, waar die awend-rood kwijn, waar die rande in sterwende glanse verdwijn en 'n nagalm nog sleep van d' skeidend verlede, - so's klagte vergete, maar klagend tevrede.
En berustend ook voel ik mij siel als gedra'e naar d'Eeuwigheid heen, op die loom-lange sla'e van 'n vo'el o'er die veld op sij huiswaartse vlug, - gedra op die windje se swijmende sug.
Vergange se da'e kom verbij voor mij oo'e, gesigte verdwene en stemme gesus, so's weerklankies nog van vergetelheids kust. - En die weerlig vlam ver in 'n wolk wat daar rus, so's snikkies nog mokkend, na trane gedro'e.
Uit die dorpie benee'e ruis op tussenbei'e geluide en laggies van wereldsbeweeg; en so sal 't nog wees als mij plekkie reeds leeg, mij skamele kleinte van d'aarde geskei'e versink in die kolke van d' groot-eeuwig swij'e.
En mij groet stuur 'k dan mee als die a'endstraal se vure so blink in die ruite en droom op die mure; mij huisie se gewel sal 't opvang van verre, - 'n laggie sal 't wees, maar 'n traan sal 't bêre!
Die vlakte en andere gedigte (1908)
|