Die stilte keer om my terug
en krimp alles buite my?
het alle mense dit in gemeen?
Dit moet 'n verslawende vryheid wees
wat ons verblind,
maar ek sal geen vrees ken nie, o nee!
"Wat goed is, is immers ook goed vir my!"
Ek roep uit om myself te kalmeer
Skemer laat romanse agter
goed weggesteek in my naïwiteit
maar ek sit met stories oor
sprokies met ewige liefde
En dit blyk dat ek elke keer tot orde geroep word
maar deur wie, wat en met watter gesag
Net die natuur kan my op my knieë bring:
die aardse ewigheid is sterk beperk,
mens kan net herinneringe aanmekaar ryg
Daarom tart 'n bitter glimlag
by tye my brose ego
|