Niet direct een dialect, maar wel plezant!


|
|
Koos vlieg besigheidsklas
tussen Kaapstad en Johannesburg,
en hy is besonder verbaas om te sien
dat die passasier in die stoel langs hom
'n papegaai is.
Toe die lugwaardin verbykom,
vra Koos vir 'n koppie koffie.
"En vir my 'n whiskey, jou koei!"
snou die papegaai haar toe.
Die lugwaardin is so verbaas dat sy
die whiskey bring, maar Koos se koffie vergeet.
Toe Koos haar daarop wys dat hy nog wag
vir sy koffie, skree die papegaai vir haar:
"En bring vir my nog 'n whiskey, jou koei!"
Duidelik ontsteld kom die lugwaardin terug
met die papegaai se whiskey,
maar weereens sonder Koos
se koffie.
Nie heeltemal seker hoe om sy koffie te kry nie,
besluit Koos om die papegaai se metode te gebruik.
"Ek het jou nou al twee maal vir koffie gevra,
jou simpel koei. Bring dit nou voor ek
kwaad word!"
Die volgende oomblik het die kaptein
en 'n paar van die manlike passasiers
vir Koos en die papegaai beet
en dra hulle na die
nooduitgang toe.
Net voor hulle uitgegooi word sê
die papegaai aan Koos:
"Vir iemand wat nie kan vlieg nie
het jy nogal 'n groot bek!"

